Kandidaat Carson het toe gelieg

Koerante regoor Amerika het die Republikeinse presidentskandidaat, Ben Carson, oor maande besing vir sy Christelikheid en eerlikheid en dat hy te vertrou is met die kernwapens van die land as hy president sou word.

Die ondersteuners van Carson is egter erg geskok nadat dit bekend geword het dat hy toe nie so eerbaar is as wat die media te kenne gee nie.

Sy bestuurder in die veldtog het verlede Vrydag gesê dat Carson nooit ’n aanbod gekry het vir ’n afspraak met die prestige “militêre akademie” nadat uitgevind is dat Carson se storie oor sy skoolloopbaan ’n versinsel is.

Carson het voorheen beweer dat hy ’n aanbod gehad het van die VSA Militêre Akademie in West Point nadat hy glo genl. William Westmoreland ontmoet het as ’n 17-jarige skolier.

Die media het alles in hulle vermoë gedoen om Carson uit te wys as die voorloper van die republikeinse kandidate, en het selfs beweer dat hy ’n kortkop agter die voorloper Donald Trump is.

Kenners sê die leuens van Carson het hom reeds laat terugsak na vierde of vyfde plek, aangesien die leuen ’n bewys is dat hy nie te vertrou is nie.

Ingeligte politieke waarnemers wys daarop dat Carson hom verlaat het op positiewe media berigte, en toe gedink het hy kan snert kwytraak sonder om gekontroleer te word.

Foto – Ben Carson