Kanadese reageer op Parys-slagting

Kanadese polisie in Ontario is op soek na die brandstigters wat Peterborough se  enigste moskee in vlamme laat opgaan het.

Polisiebeamptes meen die optrede hou verband met die terroriste se aanvalle op onskuldige mense in Parys, Frankryk waar 158 mense omgekom het.

Die moskee is aan die brand gesteek kort nadat die Parys-bloedbad wêreldkundig geword.

Kort tevore het Moslemgelowiges in die moskee bymekaar gekom om fees te vier oor die geboorte van ’n kind.

Alhoewel niemand weens die brand beseer is nie, het woordvoerders van die Moslemgemeenskap gesê die gebou is totaal en al verwoes deur die brand en sal herbou moet word.

Die burgemeester, Daryl Bennett, het in ’n verklaring die optrede van die brandstigters veroordeel.