Jaar 2015 is sonnigste jaar

Wetenskaplikes en navorsers reken glo dat die jaar 2015 die sonnigste jaar is wat ooit opgeteken is in die geskiedenis van die mensdom..

Volgens gegewens op die webblad van Meteovista het ’n plek soos Uccle nooit meer as 1,545 uur sonskyn  per jaar gekry nie, maar in die tydperk Januarie tot Oktober 2015 is 1,600 uur sonskyn gemeet.

Hulle wys daarop dat al sou die laaste twee maande van die jaar elke dag bewolk wees, dan is dit nog steeds die sonnigste jaar.

Navorsing toon glo dat dit die sonnigste jaar is sedert meting gedoen word wat in 1887 begin is.

Weerkundiges sê die El Niño weerpatroon is waarskynlik die belangrikste faktor wat daartoe gelei het dat minder bewolkte dae geregistreer is.