IS dreig met aanvalle in Rusland

Die terroristegroep Islamitiese Staat het aangekondig dat “onverwagse en vinnige aanvalle” op Russiese teikens beplan word.

In ’n video wat vrygestel is, word aangekondig dat die vinnige aanvalle beplan word, en dat verdere aanvalle op Amerikaanse teikens ook uitgevoer gaan word.

Volgens die video sal die bloed vinnig vloei en sal dit soos ’n oseaan wees, en kenners sê dit is nie die eerste keer dat IS terroriste dreig om Russiese teikens aan te val nie.

Die Russiese vliegtuig wat in die Sinai woestyn neergestort het, is veroorsaak deur ’n ontploffing wat deur IS terroriste beplan is.

Die IS magte beweer dat die aanvalle op Russiese teikens uitgevoer sal word uit weerwraak weens die lugaanvalle wat Rusland uitgevoer het.

In die bestek van een week het Rusland tientalle IS-basisse in Sirië platgevee met bom aanvalle uit vegvliegtuie en missiele wat vanaf oorlogskepe afgestuur is.