Iets goed uit El Niño?

Die ontwrigtende El Niño het ook vir sekere vakansiegangers ’n mooi toneel geskep in die Suid-Amerikaanse staat Chile waar ’n blommeprag oor groot dele van die land voorkom wat in dekades nie meer gesien is nie.

Die blomme tapyt wat in die droë Atacama woestyn ontwikkel het, word toegeskryf aan die El Niño weerpatroon wat ook die gebied beïnvloed.

Die weerpatroon wat droogtes in sekere gebied veroorsaak, en oorstromings in ander gebiede, het daartoe gelei dat die dorre woestyn in die noorde van die land met ’n blomme kombers oortrek word.

Kenners van die gebied sê die woestyn is oortrek van honderde spesies blomme wat in dekades nie meer te voorskyn kom nie, en het ’n verskeidenheid van kleure wat ongekend is vir die gebied.

Geel, rooi, pers en wit blomme strek oor groot gebiede te midde van ’n daaglikse hitte van tot 40 grade Celsius met nagtemperatuur wat soms tot kort by vriespunt daal.

Van rooi “leeu kloutjie” tot “geel klokkies” is gesien, en kenners meen dit is van die blomsoorte wat algemeen beskou was as bedreigde spesies wat later verdwyn het.

Na bewering is die verskynsel die eerste wat in die afgelope 50 jaar te voorskyn gekom het in die woestyn.