Huiskat bring vreemde prooi

’n Parmantige huiskat het sy eienaar vreesbevange gemaak toe die huisdier ’n jong slang wat hy gevang het, huis toe gebring het om vir sy baas te wys.

Rony, ’n twee jaar oue kat het naby die huis met “iets” gespeel en later besluit om tog vir sy huismense te wys wat hy gevang het, en toe die lewendige slang die woonhuis ingedra.

Alison Jones was winkels toe, en haar dogter het ’n SMS met foto gestuur om Aliston in te lig oor wat kietsie Rony aangevang het.

Die bruin slang is later geïdentifiseer as uiters giftig, maar vooraf het sy haar dogter geadviseer om ’n groot Tupperware bak oor die slang te sit.

Sy het die brandweer se nooddienste gekontak, wat haar meegedeel het dat dit ’n uiters giftige slang is.