Honderde gewere gesmokkel na Europa

Honderde pompaksie vuurwapens is deur polisiebeamptes van Italië gevind wat deur onwettige migrante in gesmokkel is.

Die besending van bykans 800 wapens is gevries deur die polisie nadat dit vasgestel is dat die smokkelaars daarmee onderweg was om van Turkye na ander lande soos Nederland, Duitsland en België geneem te word.

Die polisiewoordvoerder sê dit is duidelik dat meer as een aanval, soortgelyk aan die Parys-bloedbad, beoog word in dele van Europa.

’n Woordvoerder in Italië het gesê al die gewere is van die Winchester SXP reeks, en is bedoel om terreurdade te pleeg.

Die inligting soos vervat op die wapenvervaardiger se webblad dui daarop dat die geweer ses skote per sekonde kan afvuur.

Kenners van terrorisme sê dit is die ideale geweer wat die terroriste nodig het om chaos in Europese stede te veroorsaak.

Die wapens is deur die polisie gevind nadat ’n vragmotor met Nederlandse registrasieletters, wat deur ’n onbekende Turkse man bestuur is, deur die polisie voorgekeer is.

Die drywer van die voertuig kon ook nie die nodige lisensies en sertifikate toon om die vuurwapens te vervoer nie.

Dit blyk dat terroriste die Turkse man betaal het om die wapens vir hulle te vervoer.

Foto –  Winchester SXP