Hoe ry die soustrein met ons belastinggeld

Die SAID en Nasionale Tesourie het verlede week die 2014/15 Belasting Statistieke Buletin uitgereik.

Dit volg op die  tussentydse begrotingtoespraak in Oktober deur die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, en veral sy kritiek teen beweerde belasting ontduiking en wins-verskuiwing.

Die fiskale krisis in Suid-Afrika wentel egter rondom die staat se uitgawe-rekening, wat hy klaarblyklik volhardend ignoreer.

Die uitgawe-begroting is, getrou aan die ANC-taktiek, ´n vloedgolf van inligting en syfers met indrukwekkende beskrywings, sonder om werklik die aard van uitgawes eerlik weer te gee.

Uitgawe volgens ekonomiese klassifikasie

Veral personeelkoste en subsidies word op kreatiewe wyse openbaar gemaak:

Die “blote 11,3%” verteenwoordig slegs persone in diens van die nasionale owerheid – minstens ´n verdere R262,4 miljard word ingesluit in oordragte na provinsiale regerings!

Ofskoon daar natuurlik hoër en laer besoldigde poste bestaan, bly die gemiddelde R 308,000 per jaar ´n buitensporige vergoedingskaal, veral in lig van lae produktiwiteit in die staatsdiens.

Selfs gemiddeldes leen hulle tot wanvoorstelling, veral ten opsigte van politici se eie vergoedings – voorwaar ´n sous-trein paradys waarin politici hul eie vergoeding bepaal!

Die top-skale vir parlementêre vergoeding is “maar net” R 1,3 miljoen per jaar.

Parlementslede

989,883.00

Minderheids-party leiers in NV

1,171, 079.00

Leier van opposisie

1,431, 218.00

Lede – provinsiale wetgewers

958,056.00

Munisipale raadslid

447,277.00

President

2,753,689.00

Adjunk president

2,602,297.00

Minister

2,211,937.00

Adjunk minister

1,821,577.00

Die kabinet se R150 miljoen en nasionale parlementslede se R503 miljoen per jaar bied weinig waarde. Daarby kom uitspattige partytjies, duur motors en ruim reis- en verblyfvoordele.

Benewens hierdie formele regeringstrukture, dok belastingbetalers bykans ´n verdere R 650 miljoen per jaar op vir “tradisionele leiers”.

Dit is ook opvallend dat in politieke partye se begrotingskommentaar hoor Jan-publiek selde kritiek op hierdie baie aantreklike vergoedingspakkette!

In verskillende uitgaweposte is daar minstens R165,3 miljard direk-diskriminerende “stemloon-betalings”, want die ontvangers is grootliks sogenaamd “voorheen benadeeldes” – aantreklike subsidie-bedrae wat hardwerkendes benadeel.

 

R-miljard

Toelaes vir gesubsidieerde vervoer

51.92

Kindertoelaag

47.84

Behuisings toelaes

29.71

Tersiêre subsidies

26.24

Versorging in skole

5.95

Grond herverdeling

3.68

Ofskoon kenners raam dat tot R 700 miljard weens korrupsie verlore gegaan het oor twee dekades, neem hierdie syfer egter nie verborge vermorsing in ag nie:

Lae produktiwiteit en gebrekkige dienslewering.

Saakbeskadiging wat dienste-infrastruktuur met reëlmaat verwoes.

Die verhoogde koste verbonde aan ongekwalifiseerde posbekleërs en SEB-aankope teen buitensporige pryse.

En anders as die internasionale norm, versuim die regime om sinvolle ontleding en statistiek te gee van die Rand-waarde van dienste wat ´n belastingbetaler ontvang.

Of is dit moontlik ´n eerlike oorsig – ´n stille erkenning dat die deursnit belastingbetaler geensins waarde vir sy belastingrand ontvang nie!