Hoë vergadering tussen Zuma en Mogoeng

President Jacob Zuma, wat in sy agterkop het om soos Mugabe van Zimbabwe vir tyd en ewigheid te regeer, het verstom met sy aankondiging dat hy, hoofregter Mogoeng Mogoeng, die speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, op ‘n gereelde grondslag sal vergader.
Die vergadering, wat beoog om beter samewerking tussen die vertakkings van die staat te bewerkstellig, was op versoek van Modise gereël. Sy het in Junie gekla die uitvoerende gesag en die regbank is besig om die parlement te ondermyn en het gesê die parlement voel soos Aspoestertjie.
Maar grondwetkenners staan verstom oor die nuwe verloop van sake en sê dit skep die indruk dat die staat met die regbank wil inmeng.
Waarop kundiges die ou gesegde aangehaal het van “as dit lyk soos ‘n eend, loop soos eend en kwaak soos ‘n eend – dan is dit ‘n eend.”
Die beswaardes noem dat die regbank is nie deel van samewerkende regering nie.
As hulle praat oor samewerking in verband met die bestuur van die howe, byvoorbeeld die proses van hoe sake deur die hof afgehandel word, dan is dit nie ’n probleem nie.
Maar as hulle voorstel dat die werk wat die howe doen beter moet saamwerk met die ander vertakkings, dan skep dit die indruk van inmenging en dit is problematies, sê prof. Pierre de Vos, grondwetkenner verbonde aan die Universiteit van Kaapstad.
De Vos het gesê daar is wel ’n dialoog tussen die parlement en die regbank maar dat dit op ’n formele vlak plaasvind met die regbank wat uitsprake lewer en die parlement wat wette maak.