Gebakte nagereg vir die naweek

Dames, nog ‘n heerlike nagereg vir die naweek. Hierdie nagereg is maklik om voor te berei en ons het gewoonlik die bestanddele is die kombuiskas.

 

Appel grondboontjie nagereg

 

Bestanddele:

45 ml botter, saggemaak

250 ml strooisuiker

3 groot eiers

250 ml koekmeel

5 ml bakpoeier

Knippie sout

60 ml melk

1 blikkie tertappels

 

Vir die stroop:

40 ml botter

80 ml korrelrige grondboonbotter (“crunchy peanutbutter”)

125 ml melk

250 ml strooisuiker

10 ml vanielje geursel

 

Metode:

Verhit oond tot 180º C en smeer ‘n oondskottel van 20 cm

Klits botter, suiker en eiers saam tot skuimerig.

Sif meel, sout en bakpoeier saam direk op die eiermengsel en voel geleidelik die melk by en klits stadig totdat dit ‘n sagte beslag vorm.

Skep die tertappels in die oondskottel en gooi die beslag daaroor.

Bak vir 30 minute.

 

Voeg al die bestanddele vir die sous in ‘n pot en bring tot amper kookpunt terwyl aanhoudend geroer word.

Sodra die nagereg uit die oond gehaal word, gooi die warm sous oor die arm nagereg en laat dit intrek.

 

Wenk: U kan ook sjokolade toebroodjiesmeer in die plek van grondboonbotter gebruik vir hierdie nagereg.