G-20 maak planne teen terreur

In die nasleep van die aanslag in Parys, wil die lande van die G-20 werk maak van  beter samewerking tussen die verskillende Inligtingsdienste ten einde terreurdade te probeer beperk of selfs te voorkom.

Die lande meen dit is noodsaaklik om maatreëls te tref sodat lidlande nie in ’n toestand verval wat soortgelyk is aan wat tans in Sirië die geval is nie.

Die moontlikheid moet ook voorkom word dat G-20 lande en hulle bondgenote nie as opleidingsentrums vir terroriste misbruik word nie.

Nadruk is ook gelê op die noodsaaklikheid dat strenger, en veel beter, grensbeheer deur die lande toegepas moet word.

Die mening is ook uitgespreek dat optrede nodig is om terroriste se bron van inkomste “afgesny” moet word, waarvan die Islamitiese Staat se olievelde een voorbeeld is.

Internasionale lughawens behoort met groter sorg beveilig te word, lui die verklaring wat deur die G-20 lande uitgereik is.

Politieke ontleders wys daarop dat dit merkwaardig is hoe vinnig die boikot teen Rusland verval het wat pres. Poetin voorheen moes aanvaar, maar wat opgehef is weens die terroriste se bedreigings.

Ontleders meen ook die optrede van Rusland het getoon dat die land nie gehuiwer het om sterk op te tree teen IS- basisse nie.

Die G-20 beraad in Turkye het plaasgevind onder streng veiligheidsmaatreëls uit vrees vir moontlike aanvalle op die leiers.

Foto – Heel voor Angela Merkel en Vladimir Poetin