Frankryk neem wraak

Slegs twee dae na die bloedbad in Parys wat deur Islamitiese Staat (IS) veroorsaak is, het Franse vegvliegtuie met aanvalle op terroriste basisse in Sirië begin.

Die aanvalle word as die grootste ooit teen IS magte in Sirië beskou, en teikens soos in Raqqa word as eerste aanvalspunt beskou deur die Franse Lugmag.

Die Franse het met 10 vegvliegtuie toegesak op die baisse en meer as twintig bomme is gelos gedurende Sondagaand.

Die vliegtuie het van ’n aanloopbaan in die Verenigde Arabiese Emirate opgestyg en is in koördinasie met die koalisie lugmag van die VSA gedoen.

President Francois Hollande van Frankryk het die terreurdaad as ’n “daad van oorlog” beskryf, en gesê Frankryk sal daarvolgens optree.

Meer as 300 mense is in Parys beseer en 158 is dood tydens die verwoestende aanvalle wat deur agt terroriste uitgevoer is.

Die vermoede bestaan dat Abdelhamid Abaaoud (29) ’n burger van Sirië, die brein is agter die aanvalle in Parys. Die Belgiese en Franse polisie maak jag op hom.

Sy een broer is doodgeskiet en ’n derde broer is in hegtenis geneem.