FN-verklaring oor selfbeskikking

Volkome selfbeskikking of niks – daar sal geen kompromie wees nie

Front Nasionaal Suid-Afrika en ‘n aantal ander organisasies wat ons steun, het gister ‘n Vryheidsmanifes aan die Suid-Afrikaanse regering oorhandig. Hierin eis ons dat volkome selfbeskikking, ingevolge artikel 235 van die grondwet, aan die Afrikaner/Boerevolk en elkeen wat met ons assosieer toegestaan word.

Die nuwe bedeling van ‘n veelrassige eenheidstaat waarin daar geen beskerming van minderheidsregte is nie, is in 1994 geskep. Ons is tot aanvaarding daarvan  gekul, geboelie en afgepers deur leë beloftes, vae dreigemente en emosionele pleitdooie. Hierdie skepping het ons niks anders as verdriet, korrupsie, skande en bloedvergieting besorg nie. Die 1994 politieke proses was geen finale oplossing vir Suid-Afrika se probleme nie – dit was ‘n skietstilstand waarvan die vervaldatum nou aangebreek het.

Ons sal van hier af vorentoe elke politieke, grondwetlike en wettige proses volg, binnelands en buitelands, om selfbeskikking te beding. En as daardie prosesse uitgeput is, sal ons ander prosesse volg, wat ons as regverdigbaar voor die mensdom beskou, maar volkome selfregering en die Vryheid en veiligheid van ons mense is die oogmerk. Daar sal geen oorweging aan ‘n kompromie geskenk word nie