Eskom se nuutste verskoning

Aan verskonings het Eskom se grootbase nooit ‘n tekort nie.
Volgens Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, oorverhit masjinerie in kragsentrales.
Weens die oorverhitting gaan krag verlore wanneer die masjinerie te warm word en oorverhit omdat dit nie kan afkoel nie.
Kundiges sê dit is die eerste keer dat hulle dit hoor en hoekom was dit nie die geval tydens die droogte van 1991 nie.
Molefe sê die vraag na elektrisiteit het relatief tot verlede jaar toegeneem as gevolg van die droogte en die hitte.
Molefe sê daar word dié somer geen beurtkrag verwag nie, en instandhouding sal in Desember oor die vakansietyd plaasvind. Volgens beplanning sal 4,500 megawatt (MW) afgeskakel word om instandhouding te doen, waarna dit oor die feestydperk na 5,000 MW sal verhoog.