Duitsland gereed vir IS-oorlog

Bondskanselier Angela Merkel se gesprek met die besoekende Fransman, preseident Hollande, het blykbaar die lont laat vlamvat wat Duitsland laat besluit het om betrokke te raak by pogings om die Islamitiese Staat (IS) te vernietig.

Duitsland steun die Franse se beleid om die IS-terroriste uit te wis, en daarvoor word ’n Vliegdekskip, asook ’n verkenningsvliegtuig saam met ’n fregat na die Siriese gebied gestuur terwyl inligting versamel sal word met behulp van satelliet opsporingstoerusting wat gedeel sal word met die koalisielande.

Die besonderhede is deur Ursula von der Leyen, die Duitse Minister van Verdediging bekend gemaak na afloop van die gesprek tussen die twee staatsleiers.

Presidente Francois Hollande het verlede week verskeie staatsbesoeke gebring en groot moondhede soos die VSA, Rusland, Duitsland en Brittanje se samewerking gekry om die oorlog teen IS-terroriste voort te sit.

Die vermoede bestaan dat die lande hulle aanvalle sal uitbrei na Irak om die terroriste in elke moontlike gebied te verslaan.

Duitsland is ook besig met wapen en toerusting voorsiening aan die Koerdiese weermag wat daarop ingestel is om IS-terroriste op grondvlak te beveg met sy soldate.

Duitsland beplan ook om sy opleidingsentrum in Irak uit te brei sodat soldate beter toegerus kan word vir die stryd teen IS-magte.