Duisende byeen vir steun aan regering

Duisende kiesers het hulle steun probeer wys in die strate van dorpe en stede van Argentinië waar ’n uitklop-rondte verkiesing moet plaasvind.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die land dat ’n tweede verkiesing gehou moet word om te bepaal wie die land se president word, en wie die land sal regeer vir die volgende termyn.

Kiesers het op georganiseerde wyse in parke en strate saamgekom ter ondersteuning van die huidige regering se presidentskandidaat, Daniel Scioli, wat die leier is van die “Victory Front”.

Tydens die eerste verkiesing het die opposisieparty van Mauricio Macri, vir groot verrassings gesorg toe die party in die eerste rondte ’n geringe agterstand teen die regerend party gehad het.

’n Derde politieke party, wat afgesplinter het van die regerende party, het sterk na vore gekom as in aanmerking geneem word dat die party slegs 2 jaar gelede gestig is.

Kenners meen egter die derde party sal hulle steun aan die regerende party gee in die uitklop verkiesing om sodoende die konserwatiewe opposisie uit die kussings te hou.

Tydens ’n TV debat het die regering se kandidaat, Daniel Scioli, swak vertoon teenoor die sterker optrede van die konserwatiewe Mauricio Macri, maar kommentators is dit eens dat TV debatte nie ’n manier is waarmee verkiesings gewen word nie.

Die verkiesing word oor minder as twee weke gehou.

Foto – Die konserwatiewe Mauricio Macri,