Dorp verdwyn onder modder

Bento Rodrigues, ’n mynwerkersdorpie in Brasilië is oorstroom met modder nadat ’n opgaardam se wal gebreek het en al die water die dorp ingestroom het.

Die dorpie se geboue is op enkele uitsonderings na, almal verwoes deur die modder wat oor alles gespoel het.

Twee inwoners is dood, sowat dertig is ernstig beseer, en die reddingsoperasie verloop moeisaam weens die massa modder wat die omliggende gebied ook oorstroom en paaie onbegaanbaar gemaak het.

Meer as 80% van die dorp se geboue is toegegooi onder die modder, en duisende Rand skade is aangerig van inwoners wat slegs die klere aan hulle lyf oor het.

Die myn en die dorpie is die eiendom van ’n Australiese myngroep, BHP Billiton, wat gereken word as een van die groot myngroepe in die wêreld .

Dit is nie bekend wat die oorsaak was wat die damwal laat breek het nie, maar die vermoede bestaan dat ‘n ligte aardbewing dalk daartoe gelei het.