Dis nou logika

Die 15-jarige jeugdige wat na bewering die moord op Carima Barnard (50) van die Jimmy Roos-jeugsorgsentrum by Dewetsdorp gepleeg het, het net gesê dat hy kwaad was toe hy haar vermoor het.
Hy kon nie eers verduidelik waaroor hy kwaad was nie.
Onderwysers van spesiale skole meen hulle lewens is in gevaar weens die moontlike aanvalle deur probleemkinders.
Barnard is verlede Dinsdag by die skool se dam met klippe doodgekap. Die inwoners is woedend omdat die Departement van Onderwys nie eens die moeite gedoen het om haar begrafnis Saterdag by te woon nie.
Johnny Erlank, skoolhoof van die Jimmy Roos-jeugsorgsentrum, het ná die begrafnis gesê hy het reeds ’n afspraak met die Vrystaatse Onderwysdepartement probeer reël.
Hy dring daarop aan dat die Departement oplossings moet gee van hoe personeel nou beveilig kan word.
Barnard is Dinsdagmiddag na die skooldam om mense daar te ontmoet wat naweekverblyf by die skool wou huur. Sy het dié take verrig om bykomende geld vir die skool in te samel. Dié mense het later vertrek en die verdagte het haar vermoedelik alleen daar aangetref.