Die nadeel van blou ligte

Blou ligte soos dié afkomstig van ’n skootrekenaar, tablet of slimfoon, is nie bevorderlik vir die oë nie, en werk steurend in op nagrus, veral indien die toestelle tot in die laat ure van die nag gebruik word.

Te midde van die ontdekking, het Vox, die applikasie F.lux wat glo die probleem regstel op die slimfoon as dit afgelaai word.

’n Ondersoek in die VSA toon dat sowat 30% van volwasse mense meer as nege uur per dag met een of ander vorm van rekenaartegnologie doenig is, en derhalwe blootgestel is aan die blou lig wat die oë benadeel.

Die nadeel van LED word ondervind as oë vir lang tye daaraan blootgestel word, waarvan die belangrikste is dat dit die oogvliese kan beskadig.

Die blou lig van LED aktiveer die brein met vals inligting as die oë snags daaraan blootgestel word, wat die indruk wek dat dit dag is, en gevolglik die moontlikheid van aan die slaap raak, nadelig beïnvloed.

Die blou lig het ook tot gevolg dat die hartspier sy werk verrig soos in die dag, omdat die brein hom aldus ingelig het.

Die wetenskaplikes beweer dat die oog se nagtelike blootstelling aan LED blou lig word verbind aan sekere soorte kanker, diabetes en hartsiektes.

Die navorsers beveel aan dat mense liefs die gebruik van toerusting wat blou lig uitstuur, gedurende die nagtelike ure moet vermy.

Die ander oplossing is om Vox se F.lux gratis af te laai vir Windows , of alternatiewelik CF.lumen af te laai, want die programme neem die blou weg van die rekenaar se skerm en die oë.