Die dag as ons hensop

Die Roemeniërs het tydens hulle dae van stryd, ’n besondere slagspreuk gehad wat hulle staande gehou het.

Hulle het die slagspreuk elke dag gebruik, en so mekaar bemoedig. Selfs die dag se groet het die slagspreuk bevat, tot dit soos ’n refrein deur die hele land getrek het, en uiteindelik die volk tot die besef gebring dat hulle nooit mag ophou om die stryd te voer nie.

Daardie slagspreuk behoort ook die Boere-Afrikaner se kreet te word – trouens, in die harte van ons mense is daardie kreet lank reeds gevestig……

“Die dag as ons ingee, is die dag wat ons sterf”.

Die Boere-Afrikaner behoort hierdie waarheid elke dag met hom saam te dra, dit oor te dra na die volgende geslag, dit ’n slagspreuk te maak wat ons volk se onsterflike wil om voort te veg vir ons vryheid, te versterk.

Die Tweede Vryheidsoorlog het Brittanje op moedverloor se vlaktes gehad, want daar was manne, en vroue, en kinders wat geweier het om in te gee, en baie het as Bittereinders tot die einde geveg en geveg en geveg…..

Nou, geslagte later, is hierdie klein volk weer voor die afgrond van vernietiging, en kan sy einde so maklik aanbreek, hy moet net besluit om handdoek in te gooi….

Volksgenoot, die dag as ons ingee, is die dag wat ons volk sterf…..

Wees ’n Bittereinder en veg tot die bittereinde, ja, tot ons oorwin…..

Andries Lategan