Deutsche Bank moet miljoene opdok

Deutsche Bank sal honderde miljoene euro moet opdok vir sy handelinge en oortreding van bepalings van VSA se sanksies teen Iran, Sirië en verskeie ander lande.

Die Duitse bankier sê hy het reeds ’n ooreenkoms met die VSA bereik oor die betaling wat gemaak moet word.

Die Deutsche Bank het verlede week bevestig dat ’n ooreenkoms bereik is om 237 miljoen euro te betaal as boete vir oortreding van regulasies deur sake te doen met lande wat onderwerp is aan VSA sanksies.

Die lande, Sirië, Libië, Sudan en Myanmar, is van die lande wat gebuk gaan onder sanksies van die VSA.

Dit is nie bekend watter instansies deur die Duitse bankier ongemagtigde sake gedoen het nie, maar die instelling word verantwoordelik gehou vir die handelstransaksies wat in die lande aangegaan is.