Departement knoei met trofeejagters.

Die geldhonger regering wat altyd leë sakke het, sal elke bate van hierdie land op agterbakse wyse vernietig en vervreem net om nog ‘n paar rand vir hulleself in te win.
Bewaringsbewustes wil weet wat word weggesteek as die Departement van Omgewingsake in geheim met trofeejagters van die Safari Club International Foundation (SCI) by ‘n vakansieoord in die Noord-Transvaal samesprekings voer.
Volgens Michelle Pickover, direkteur van EMSFoundation is dit ‘n ongrondwetlike optrede van die Departement om na ryk trofeejagters te luister, terwyl die bewarings­gemeenskap uitgesluit word.
Volgens die agenda van die beraad wat uitgelek is, sal daar oor al die wetlik verbode aangeleenthede met hierdie jagters gepraat word, soos:
Die teel en jag van geblikte leeus; die vraag na renosterhoring vir perverte in Viëtnam en uitvoer van trofeë van Suid-Afrika na die VSA asook die intensiewe teel van eksotiese diere met kleurvariasies.
Oor die teel van kleurvariasies is binnelandse jagtersorganisasies ontsteld aangesien die Departement dit nou met buitelandse jagters bespreek terwyl hulle nog nie met Suid-Afrikaners daaroor gepraat het nie.
Die SCI se enigste oogmerk is om die grootste en beste diere onder die dekmantel van sogenaamde bewaring dood te skiet. Hulle gaan beslis nie oor bewaring praat nie, het ‘n jagter gesê.