Cosatu skop Vavi en Numsa uit

Na twee jaar se bespiegeling en dreigemente het afgevaardigdes by Cosatu se kongres ten gunste daarvan gestem dat Numsa en Vavi geskors moet word.
Slegs 67 afgevaardigdes het daarteen gestem terwyl 904 luid daarvoor gestem het. 
Bewerings is gemaak dat Numsa geskors is as gevolg van hul politieke standpunt. Afgevaardigdes wat hulle ten gunste van Numsa uitgespreek het se mikrofone is afgeskakel terwyl hulle gepraat het.
Nie Numsa of Vavi was by die kongres teenwoordig nie. Hulle het kort voor Cosatu se nasionale kongres in die openbaar aangekondig dat hulle nie langer teen hul skorsing gaan appelleer nie. 
Irvin Jim, Numsa se hoofsekretaris, sê Numsa se skorsing – wat met ‘n oorweldigende meerderheid bekragtig is – bevestig dat dit die regte besluit was om nie teen hul skorsing te appelleer nie.