Clinton moet vervolg word

Die voorloper kandidaat van die Demokrate in die Amerikaanse presidentsverkiesing, Hillary Clinton, bly onder verdenking en in die spervuur weens haar optrede met vertroulike inligting wat sy per e-pos uitgestuur het.

In die jongste aanslag om haar wedloop om as die Demokrate se finale keuse gekies te word om teen die Republikeine te veg, word kiesers daarop gewys dat Clinton in Januarie 2009 ’n ooreenkoms onderteken het om nie enige vertroulike inligting bekend te maak nie.

Volgens die bepalings onderneem sy ook om hoogs geklassifiseerde inligting te beskerm en indien sy in gebreke bly om die onderneming na te kom, sy wettig vervolg kan word.

Ingevolge die ooreenkoms met Sensitive Compartmented Information (SCI) verklaar sy ook om haar amp te bedank en kantoor te ontruim indien sy die ooreenkoms sou verbreek.

Amerikaners wil nou weet wanneer Clinton vervolg gaan word, en ook as kandidaat gediskwalifiseer word.

Dit volg nadat die Departement se woordvoerder bevestig het dat Clinton die onderneming onderteken het, die ooreenkoms verbreek het met e-posse wat uitgestuur is, bevattende sensitiewe inligting, en derhalwe vervolg kan word.

Die eise van kiesers word ook gegrond op verslae wat verwys na twee e-posse in Clinton se private e-pos rekening wat hoogs vertroulike inligting bevat.

Foto – Hillary Clinton