Boko-Haram slaan toe in Niger

Die wreedste terroristegroep ter wêreld, Boko-Haram, wat ook verbintenis het met die Islamitiese Staat(IS), het toegeslaan op onskuldige mense in die Nigergebied.

Die groep gewapende terroriste het op motorfietse hulle opwagting gemaak en ’n aanval uitgevoer in Gogone waartydens talle mense doodgeskiet is.

Die regering van Niger se woordvoerder sê die dorp is aangeval en verskeie mense is gedood waarvan sommige familielede van die terroriste is.

Die Minister van Justisie, Marou Amadou, sê een van die terroriste het sy eie neef doodgeskiet in die aanval.

Die dorpie Gogone is geleë naby die “Lake Chad” in die Niger Delta-streek wat reeds vir jare gebuk gaan onder die aanvalle van Boko-Haram wat ook ’n vesting het in die aangrensende Nigerië.

Sowat 20 inwoners is gedood in die aanval, en minstens 10 is ernstig gewond.

Die regering van Niger is een van vyf lande wat saamstaan om die Boko-Haram terroriste uit te roei wat verantwoordelik is vir die dood van sowat 20,000 mense, en minstens 2,4 miljoen verdryf het uit hulle woonplekke gedurende die afgelope 6 jaar.