Boere maak ‘n plan vir mede-boere

Boere van die Suid-Kaap wat ‘n reuse poging aangewend het om hulle mede-boere in die droogtegeteisterde gebiede te help, het Maandag met 44 bale voer van meer as 20 ton in Bloemfontein gearriveer.
J & J Carriers vervoer dit gratis. Elke baal weeg minstens 500 kg. Die voer gaan verder aan boere in nood versprei word en hierdie is net die begin, sê Nico Gerber van Gerber Boerdery by Hoekwil naby Wildernis wat die inisiatief met die hulpskema geneem het.
Gerber is ook betrokke by die groep bekommerde boere wat die Bakkiesblad “Boere in Nood” begin het.
Gerber sê hy is oorstelp met die mense se oop hande en oop harte en sê hulle het ook skenkings van oorsee ontvang.
Maatskappye soos Jonck­ies Vervoer, Mouton Vervoer en Time Freight het reeds gratis vervoer aangebied.