Bloedrivier sonder geld

Dié brug was veronderstel om versoening tussen die twee kante te bevorder en om die Ncome-museum, wat die Zoeloes se kant van storie vertel, en die erfenisterrein waar die slag plaasgevind het, te verbind.
Die Erfenisstigting en die Voortrekkermonument, wat die erfenisterrein bestuur, het egter intussen besluit om die brug aan die “Afrikaner-kant” te sluit omdat dit gebruik word om gratis toegang tot die erfenisterrein te bied.
Die kwessie is twee weke gelede te berde gebring toe vrae deur die EVV in die parlement gevra is. 
Nathi Mthethwa, die Minister vir Kuns en Kultuur het gesê die Departement doen baie om te verseker dat daar ’n verbintenis tussen “die museum (en die ander kant) is, maar daar is steeds weerstand”.
“Nee,” sê Cecilia Kruger, senior bestuurder van erfenis en bewaring van die Erfenisstigting en Voortrekkermonument, “die minister ruk die kwessie uit verband.”
Kruger het gesê die regering het besluit die geskiedenis by die slagveld word eensydig aangebied en het toe sowat R65 miljoen beskikbaar gestel vir die bou van die Ncome-museum in 1999.
Die regering het ondermeer onderneem om geld vir die bestuur van die brug te gee.
Bloedrivier kry geen geld van die regering nie en is aangewese op toegangsgeld en skenkings.
Intussen word die Zoeloe-kant ten volle gesubsidieer. As mense dus aan die Zoeloe-kant inkom en oor die brug op die slagveldterrein kom, verloor ons geld, het sy gesê.
Dit is dus duidelik om te sien van watter kant af is die weerstand om saam te werk.