ANC eerste!

Vir die oningeligtes wat nog glo aan ‘n nuwe Suid-Afrika met paaie van goud waar die lam en leeu heerlik saam eet aan ‘n koolkop; hier is die waarheid nou uit pres. Jacob Zuma se mond in sy eie woorde.
Die ANC-party is nie in individue geïnteresseerd nie en hy glo dat die ANC moet eerste gestel word en dan die land. 
Hy het hierdie woorde as president van die ANC se KwaZulu-Natal leiersberaad gesê.
Hy het gesê dat mense wat nie deel van die ANC is nie, kan mislei word en mag vir ewig onderdruk word.
Sonder ‘n rewolusionêre organisasie, gaan die mense groot probleme ondervind, het hy gewaarsku.
‘n Kenner het daarop gewys dat hy net weer die rewolusionêre karakter van die ANC beskryf het; wat beteken dat hulle rewolusie sal voortgaan en dat daar nooit demokrasie in die land kan wees nie.