Almal nie ewe FICA gelyk nie

Gewone mense moet by finansiële instellings aan FICA vereistes voldoen om te kan kwalifiseer vir sekere finansiële dienste. FICA, Financial Intelligance Centre Ammentment Act, was internasionaal ingestel om die geldvloei deur kriminele geldwassery en terrorisme vas te vat.

Suid-Afrika loop nou die risiko om internasionaal gelys te word as ʼn land wat nie aan die nodige standaarde voldoen nie weens ʼn gebrek aan toepaslike wetlike vereistes op sy president, ministers, regters, politici en militêre amptenare. Die voorskrifte op die land se gewone burgers is jare gelede al in plek, maar die minder streng vereistes waaraan die regerende elite en sy amptenare moet voldoen bly gebrekkig deurdat die wetgewing in gebreke bly om deurgevoer te word.