Plaasaanval vinnig afgeweer

Kort voor 02h00 gisteroggend is ‘n noodroep vanaf ‘n perseel uit die Toitskraal omgewing, buite Marble Hall, by Bellum Sekuriteit se beheerkamer ontvang. Die noodroep is dadelik op die Toitskraal Boereroepradio uitgesaai en twee van Bellum se reaksievoertuie is na die perseel ontplooi.
Die terroriste het te voet gevlug toe die eerste Bellum voertuig binne minute by die plaashuis aangejaag gekom het. Kort daarna het daar ook van die bure en ander boere opgedaag. Die spoorsnyers het vier spore asook fietsspore gevolg vir die res van die oggend.
Inbraaktoerusting, klere, asook fietse is langs die pad gekry toe die spoorsnyers op ‘n stadium baie naby aan die terroriste was.
Die boere het alle ontsnaproetes en paaie geblokkeer. Van die ander veiligheidsmaatskappye het ook aangesluit en gehelp met die soektog. Die soektog duur voort en niemand is nog in hegtenis geneem nie en niemand is beseer nie.