Zuma na-aap Obama

Zuma na-aap Obama
In ‘n uitspraak wat herinner aan onlangse woorde van die Amerikaanse President Barack Obama, het pres. Zuma nou ook op die wa van ontwapening geklim.
Zuma het die oproep gedoen toe hy familie van vermoorde polisiemanne in Katlehong besoek het. Hy het ook gevra hoe moet die polisie hulself en landsburgers beskerm as hulle sag en demokraties met misdadigers moet werk.
Dit klink alles eg Amerikaans. Die president kan gerus ‘n slag ook sy simpatie gaan betoon waar blanke boere en ander blankes wreed vermoor is; dit sal hom ook goed doen om te sien hoe dikwels is van die polisielede betrokke en hoe wreed behandel hulle blankes wat dikwels vir totaal onwettige redes in hegtenis geneem word.
Die Suid-Afrikaanse Geweereienaarsvereniging (Saga) het ook die president oor sy uitspraak aangespreek en hom daaraan herinner dat mense, en nie gewere nie, maak dood.
Hulle beklemtoon ook dat misdadigers en ander onbekwames ontwapen moet word.
Ontwapening van eerlike mense is niks anders as medepligtigheid aan geweldsmisdade nie, lui die verklaring.