Wes-Kaap wil stropery beveg

Die voortdurende stropery van renosters het daartoe gelei dat ’n Opleidings-eenheid eersdaags tot stand gebring gaan word om stropery te help bekamp in Suid-Afrika.

Die eenheid, glo by die Gondwana-wildreservaat, in die omgewing van Mosselbaai, sal die eerste van sy soort in die provinsie wees.

Die slagting onder renosters neem steeds toe, en sedert Januarie vanjaar tot April het stropers 393 renosters van hulle horings gestroop, wat ook gelei het tot die dood van die diere.

Die eenheid is deel van die Rainbow Rhino Initiative, wat deur die Gondwana Conservation Foundation begin is wat hulle ten doel stel om die renosterbevolking te beskerm en groei in getalle te bevorder.

Die opleidingsentrum sal glo in November reed wees om sowat 12 mense op ’n slag op te lei om veldwagter werk te verrig, asook opleiding in teeninsurgensie.

Daarmee wil die Organisasie help om die veldwagter getalle te verhoog om meer effektief te wees in die bekamping van stropery.

Sekere tegnologiese aspekte word ook tydens die opleiding verskaf.

Kenners wys egter daarop dat alhoewel elke moontlike poging ondersteun moet word, is die aangeleentheid nou so ernstig dat dit ’n taak vir ’n weermag is om die stropers van kant te maak.

Foto – Gondwana-wildreservaat