Vrouedag

Eergister was dit Vroue-dag. Nog ‘n vakansie dag wat deur die nuwe regering in 1994 ingestel is, ter herdenking aan die klomp blanke vrouens wat hulleself as die Black Sash georganiseer het, en o.a. vir en namens swartes betogings begin reël het oor die onregverdigheid van die destydse paswet. 
Vrouedag het dus niks met ons volk te doen nie. En tog het ons volk vrouens nou nodig om ernstig vir die volk te werk en saam in die stryd te staan sodat daar iets van ‘n blanke beskwawing in hierdie land nie net sal staande bly nie, maar hopelik verder sal groei.
Dit was ‘n doelbewuste besluit om juis nie gister iets oor die vakansiedag te publiseer nie. Wat alles gesê kon word oor die vrou se dapper optrede sedert die grondlegging van die land in 1652, is reeds gesê, geskryf en aangehoor.
Dié skrywe wil tot die vrou in 2015 spreek en ongelukkig is daar ‘n paar harde werklikhede wat uitgespel moet word.
Die eerste wat onmiddellik aandag vereis is gesinsbeplanning. ‘n Pragtiger woord vir die vernietiging van ‘n volk, kon nie mooier deur ons vyande uitgedink word nie. Oral in die wêreld staar die wit ras uitwissing in die gesig; hetsy deur oorlog, immigrasie of volksmoord. en die enigste ras wat gesinsbeplanning toepas. Die wit man is dus bereid om sy eie ras in toom hou deur minder kinders te hê, maar bereid om vernietigende belastings te betaal om die onbeteulde aanwas van ander rasse te subsidieer.
Ons blankes in Suid-Afrika staar volksvernietiging in die gesig, maar ons swig vir die propaganda van oorbevolking en duur skoolopleiding en die vrouens werk soos slawe skouer aan skouer saam met die man om “alles vir die kinders te gee.” Dis nou dié alles wat die advertensies beloof. Alles, behalwe ‘n toekoms in ‘n eie, vrye land.
Laat ons nie skynheilig wees nie. Om van 8-5 in ‘n kantoor te sit en met hoë polvye, rooi naels en duur haarkapsels te pronk, is seker goed vir jou manlike kollegas en ego. Maar erken dit dan dat die rol van vrou en moeder eintlik te moeilik vir jou is. Moenie skuil agter verskonings van hoe duur die lewe en noodsaaklik dit en dat is nie, i.p.v. om jou Goddelike rol te vervul en kinders in die wêreld te bring, groot te maak in die tradisies van jou volk, minder spandalig leef, maar te sorg dat jou kind groot word in ‘n behoudende huis waar konserwatiewe waardes geld sodat hulle as goeie patriotte die wêreld kan ingaan.
Om FW de Klerk en kie te blameer vir alles wat verkeerd gegaan het in die land, is gemaklik en natuurlik is hy ‘n verraaier. Maar dit is tyd dat ons ophou om die blaamspeletjie te speel en die hand aan eie boesem slaan.
Dit is interessant dat die Vyfde Gebod in die Tien Gebooie lees as volg: “Eer jou vader en jou moeder dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gegee het.” Wat ‘n fantastiese gedagte. ‘n Gebod gekoppel aan ‘n Belofte. Het ons werklik daardie belangrike Gebod nagekom in die afgelope 50 jaar sodat ons die Belofte kon verdien? Of is dit net die voorgeslag wat dit moes doen en ons kan tot in lengte van dae net erf.
Ons volk word uitgewis en ons speel die geldspeletjie. En as jy die geldspeletjie speel is jy vasgevang in die oorlewingstryd wat beteken dat jy jou hoër doel op die aarde mis kyk.
Kan ons ‘n slag weer na ons lewens kyk en durf ons vra dat die vrou haar Skeppingsdoel en kultuuropdrag weer haar erns maak. En dat sy dit sal doen sonder om eers te wonder en mag daar volgende jaar Mei/Junie ‘n string blanke babas die lig sien.
Word vervolg.