Vinnige broodjie vir die naweek se braaivleis

Probeer gerus die volgende vinnige maklike broodjie met baie min moeite en bestanddele wat u gewoonlik in die kruidenierskas het.

 

Wit Uiesopbroodjie

 

Bestanddele:

 

500 ml karringmelk

 

500 gr bruismeel

 

1 pakkie wit uiesoppoeier (nie kitssop nie)

 

Gerasperde kaas en gesnipperde spek vir bo-oor strooi voordat dit gebak word.

 

Metode:

 

Stel oond op 180ºC

 

Smeer broodpannetjie van +- 260mm x 120 mm x 75 mm diep

 

Meng bruismeel, uiesoppoeier en karringmelk deeglik

(deeg is styf)

 

Plaas deeg in broodpan en strooi kaas en spek bo-oor

 

Bak vir 45 minute tot ‘n uur

 

Wenk 1: U kan die kaas en spek saam met bestanddele inmeng voordat dit gebak word, maar indien dit bo-op gestrooi word en dan bak, is die kors krakerig

 

Wenk 2: U kan ook allerhande sade (pampoen, sonneblom of lynsaad) bo-oor strooi voor bak.

 

Wenk 3: U kan ook hierdie resep in gesmeerde kolwynpannetjies bak soos skons.

 

Heerlik met egte botter saam met braaivleis of ontbyt