Vervolger word ook ondersoek

Afluisterapparate wat in 2007 in die NVG se hoofkantoor in Pretoria geïnstalleer is, het tot gevolg dat ‘n paar hoeprofiel-vervolgings nou gaan begin.

Van die name wat genoem is, is dié van die staatsadvokaat, Gerrie Nel. Dagvaardings word na bewering ook uitgereik aan Ivan Pillay, voormalige adjunkkommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstedien (SAID) en die Valke-hoof, Anwa Dramat.

Saam met Nel sal Andrew Leask en Andries Janse van Rensburg, voormalige SAID-amptenaar ook oor die beweerde spioenasie-eenheid binne die SAID aangekla word.

Dramat en sy voormalige kollegas Shadrack Sibiya (Gautengse Valke-hoof) en Leslie Maluleke (Pretoriase Valke-baas) gaan vervolg word vir hul beweerde aandeel in die uitlewering van Zimbabwiërs in 2010.