Tradisionele vaardighede sterf uit

Volgens ‘n studie gedoen onder 2,000 jong mense in Brittanje, is eeue-oue tradisionele vaardighede besig om uit te sterf.
‘n Gebrek aan belangstelling is een van die groot redes vir die agteruitgang.
Van die vaardighede waaraan jong mense hulle nie meer steur nie, is ondermeer om te kan brei of om ‘n band van ‘n motor om te ruil.
In plek daarvan word kommunikasie op sosiale media, bestudering van die kuberruimte en die volg van ‘n geo-posisioneringsateliete as belangriker beskou.
Maar 81% van die respondente het saamgestem dat die tegnologie veroorsaak dat daar ‘n gebrek aan vaardighede is.
Moderne vaardighede behels die volgende: soektogte op die internet; gebruik van WiFi; gebruik van ‘n slimfoon; aanlyn bankdienste; soek en aansoeke vir werk aanlyn te doen; water af te draai by die hoofkraan; die gebruik van navigasie-sateliete; installering en opdatering van rekenaarprogramme; die gebruik van ‘n tablet.
Van die vaardighede wat uitsterf is brei; sokkies en klere stop en heelmaak; ‘n kompas te lees en ‘n kaart te volg; inligting in die indeks van ‘n boek op te soek pleks van dit te “Google; die korrekte manier om ‘n brief te skryf; hoofrekenkunde, spelling en grammatika; netjiese aanmekaar skrif en hoe om ‘n vuur te maak.