Stiergeveg eindig met nadraai

’n Stiergeveg wat op eg tradisionele wyse plaasgevind het tydens ’n feesgeleentheid, het vir toeskouers groot opwinding gebied, maar vir minstens twee “slagoffers” ’n minder aangename tyd laat beleef.

Tydens die fees het ’n reuse bul die skare op hulle voete gehad toe hy die president van die Franse Stiergeveg-klub die lug ingegooi het en ’n fotograaf erg beseer het.

Die president, Dominique Perron, het in die proses ’n gebreekte been en ’n verstuite enkel opgedoen toe die verwoede bul deur die versperring gebars het by die Bayonnefees in Frankryk.

’n Fotograaf, Roger Martin, wat langs die president Perron gesit het, is in die lies gegaffel wat klaarblyklik dringende mediese behandeling vereis het.

Groen-party ondersteuners is woedend omdat die bul later van die gras gemaak is, want hulle reken die bul is onbehoorlik behandel.

Stiergevegte word in die Frankryk verbied, maar in sekere kleiner munisipaliteite word dit nog toegelaat.