Sjina aanvaar handel in roebel

Sjina se sentrale bank het die Russiese roebel in gebruik geplaas in die stad Suifenhe in die Heilongjiang Provinsie. Die roebel word in plek van die dollar gebruik.
Die aankondiging is oor die naweek deur Jin Mei, die onder-sekretaris vir monetêrebeleid aangekondig tydens ‘n handelsuitstalling in Suifenhe.
Die nuwe inisiatief is om die bilaterale handelsooreenkomste en toerisme aan te moedig wat dit vir Russe wat na die Sjinese streek toer, makliker maak om vir hulle uitgawes in roebels te betaal.
Wu Qinglan, uitvoerende adjunk-burgemeester van die Sjinese stad, glo dat die program die begin van ‘n lang vennootskap is.