SA se sakevertroue swakste nog

‘n Beraad, is Woensdag tussen die Minister van Minerale Bronne, adv. Ngoako Ramatlodi, mynbase en vakbondleiers gehou om oplossings vir die moontlike verlies van 10,000 poste, te vind.

Die eerste probleem waarvan die minister kennis geneem het, was dat betroubare kraglewering reeds baie sal help. Die minister het belowe om die probleem met Lynne Brown Minister van Openbare Ondernemings, en Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, op te neem.

Ekonome het die kragkwessie ook uitgesonder as een van die vyf onderliggende probleme in die land se ekonomie.

Die Kamer van Mynwese het Ramatlhodi en die vier mynvakbonde meegedeel dat 70% van die land se platinummyne en 50% van die goudmyne tans verliese ly. Een van die probleme waarmee hulle te kampe het is dat myninspekteurs die myne tot ‘n stilstand bring na enige geringe mynongeluk. Hoewel die sluiting gewoonlik na ‘n paar uur opgehef word, duur dit tot ‘n volle week voordat die myn weer in volle swang is.

Die Reserwebank het sy groeiverwagting vir vanjaar tot 2% verlaag (van 2,1%) en in 2016 sal die land na raming ook net met 2,1% groei, wat te min is om ’n beduidende verskil aan werkloosheid te maak.Foto: Ngoaka Ramatlhodi