Perspektief op onderwys en opvoeding

Soos so baie aspekte van die moderne lewe, word ook “onderwys” met valse inhoud gevul. Erger is hoeveel ouers klakkeloos met die stroom saamvloei, tot skade van hul kinders en ons volk.

Onderwys en opvoeding kan nie losstaande gesien word nie: formele onderwys bou bloot voort op die ouerhuis en kerk, met as doelwit die vorming van die kind se lewensbeskouing en gepaardgaande akademiese opleiding binne daardie waarde- en geloofsraamwerk.

Akademiese kwalifikasie en die gevolglike toegang tot ´n beroep is nie veronderstel om die primêre doel te wees nie, alhoewel dit natuurlik belangrik is.

Die belangrikheid lê egter in die ontwikkeling en toepassing van kinders se talente, sodat hulle vir hul eie en gesinne se onderhoud kan voorsien, maar uiteindelik ook ons roeping hier en nou uit te leef.

Hierdie neutedop-beskouing dwing ons om gebeure op die onderwys-terrein omsigtig te beskou, maar ook tot ernstige oorweging van oplossings gegrondves in ons Christelike beskouing en -geloofsbeginsels.

So gevaarlik as wat owerheidsaanslae op Afrikaans en godsdiens in skole ookal mag wees, is dit geensins die grootste bedreiging vir die Christen-Afrikaner nie.

Natuurlik moet ons die ANC-rassisme en ideologies-gedrewe leerplanne teenstaan en verwerp.

Om dit konstruktief te doen, behoort elke verbondsouer wat erns neem met sy en haar doopgelofte, hulle kinders na gepaste skole stuur.

CVO skole, gereformeerde skole en ander bied maar enkele ideale oplossings.

Maar as volksgemeenskap moet ons waak om ´n adder in die boesem te vertroetel, soos byvoorbeeld:

* in onlangse weke is die media vol van sogenaamd “nuwe” antwoorde op die onderwyskrisis – uit oorde van ´n volksvreemde vakbond beweging. Die onuitgesproke leuens in hul bemarking is duidelik:

* hulle oplossing is geensins nuut nie – eerder is hul oplossing die skep van verdeeldheid, aangesien strukture soos gereformeerde skole, CVO-skole en ander Christelike skole wat reeds dekades Christelike onderwys en opvoeding aanbied, (interessant dat die woord “Christelik” nêrens voorkom by hierdie “nuwe” instellings nie.)

* uit sowel Christen- en volksoogpunte is enige instansie geskoei op “afrikaanse’s” se steun, nie volhoubaar nie; gaan die nie-Christen “afrikaanses” se waardes enigsins minder vernietigend wees as die sinkretisme in openbare skole?

* opleiding vir ´n goeie betrekking is maar een deel van ons kinders se opvoeding, en die misplaaste klem spreek boekdele van die beweging se kern-waardes – die “opvoeding” van marionette om in die globale struktuur te funksioneer, om deel te word van die wêreld, eerder as om net ´n reisiger deur hierdie wêreld te wees.

Dan is daar die ander gevaar, rassisme in sogenaamd gehalte-skole.

Natuurlik geld dit nie diegene wat openlik en trots staan op hul Christenskap én volksliefde en dit in hul skole uitleef nie.

Maar dit geld daardie privaat skole wat graag in die openbare oog “inklussief” wil voorkom, en wie se rassistiese onderrok duidelik uithang in klas-segregasie wat net ons teenstanders sterk in hul aanslag.

Gaan ouers die moed aan die dag lê om in die openbaar op te staan vir hulle Christenskap, hulle ware Afrikaner volkskap?