Net in Suid-Afrika

Niks is so goed of so vreemd dat dit nie in Suid-Afrika kan gebeur nie. Dat ‘n taxi met 15 sitplekke, roekeloos kan jaag met 50 kinders aanboord, is selfs iets buitensporig vir Suid-Afrika.
Lt. Loaan Steenkamp, bevelvoerder van Patensie se speur-eenheid, het Woensdagoggend die taxi tot stilstand gedwing toe dit teen hoë spoed in die strate gery het.
Self kon hy so oë nie glo nie toe 50 kinders, tussen 5 en 12 jaar oud uit die bussie geklim het. Die bestuurder (31) is op die toneel vir roekelose en nalatige bestuur asook vir die oorlaai van ’n voertuig in hegtenis geneem en het Woensdag in die Hankey-landdroshof verskyn.