Madonsela moet net haar mond hou.

Die Nasionale Vergadering (NV) het in ‘n verklaring gesê dat die Openbare Beskermer (OB) adv. Thuli Madonsela kan nie aan die parlement voorskryf hoe sy werk gedoen moet word nie.

Dié klap na Madonsela kom nadat sy ‘n verklaring uitgereik het en haar griewe gelug het oor die hantering van die Nkandla verslag.

Madonsela sê die parlement se besluit om ’n ad hoc-komitee oor Nkandla op die been te bring dui op minagting van die OB se kantoor omdat sy die saak reeds ondersoek het. Die parlement se ad hoc-komitee het Donderdag sy eie verslag oor Nkandla goedgekeur waarvolgens Zuma onthef word van enige finansiële aanspreeklikheid vir die verbeterings by sy huis.

Maar Madonsela het bevind Zuma het onbehoorlik baat gevind by die opknappings en dat hy ’n redelike deel van die R246 miljoen wat daaraan bestee is, moet terugbetaal.

In erg geleerde taal het die NV egter gesê dat Madonsela moet haar mond hou en hulle doen wat hulle wil en dan het hulle nog die Grondwet ook betrek en gesê dis hulle reg. En intussen antwoord die president nie wettige vrae nie.

Madonsela het in haar verklaring geê sy is jammer dat sy haar tot die media moes wend om die speaker en die parlement aan te spreek, maar sy het geen ander keuse nie omdat die ad hoc-komitee oor Nkandla haar nie na die parlement wou nooi om haar verslag daar te gaan voorlê nie.