Landbou word weereens geknel

Landbou word weereens geknel met die min water lisensies wat toegeken is deur die Departement van Waterwese.

Sedert 2001 is nagenoeg 3,14 biljoen kubieke meter se water aan die landbousektor toegestaan.

As voedselprodusent van die land, is dit noodwendig die sektor wat die meeste water verbruik in die land, en die Departement van Waterwese se woordvoerder het die feit in ’n redelike negatiewe sin oorgedra aan die lede van ’n staande komitee in die parlement.

Vanaf 2001 tot 2010 is sowat 1,327 lisensies toegestaan en vanaf 2010 tot hede is slegs 654 lisensies toegestaan.

Altesaam 360 waterlisensies is ook vir die mynwese goedgekeur. Verlede jaar Junie het pres. Jacob Zuma die wysings aan die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet 25 van 2014) én die Nasionale Waterwet (Wet 27 van 2014) goedgekeur.

Kenners wys daarop dat ’n plaas sonder genoeg water, nie ’n plaas is nie, en dit bring voedselsekerheid in gedrang.

In ’n reeks foto’s wat aan die lede voorgehou is, word daarop gewys dat plase wat voorheen lower groen was, en landerye vol aangeplante produkte is, die plase na oorname aan onopgeleide swart boere, verval het en geen landerye enige produkte kan lewer nie want daar is nie meer water op die plase nie.

Die toerusting is nie in stand gehou nie en opgaardamme het verval. In sekere gevalle bestaan die damme nie meer nie.

Waarnemers wys daarop dat gevalle aangemeld is waar plase, nadat dit in ’n vervalle en verwaarloosde toestand gekom het, deur die eienaars op die ope mark verkoop word teen bedrae wat belaglik laag is.

Die koper moet dan weer derduisende Rand bestee om die plaas se produksie vermoë op peil te kry.