Heerlike klam wortelkoek vir die naweek

Dames, wat van ‘n bietjie bederf met ‘n maklike klam wortelkoek vir die naweek?

 

Heerlike klam wortelkoek

 

Bestanddele:

250 ml wit suiker

250 ml sonneblomolie

3 eiers

5 ml vanielje geursel

375 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

5 ml kaneel (opsioneel)

5 ml koeksoda

Knippie sout

250 ml fyngedrukte piesang

250 ml gerasperde wortels

125 ml gekapte neute (opsioneel)

 

Metode:

Room eiers, suiker, olie en vanielje geursel tot skuimerig.

Sif droë bestanddele by die eiermengsel en meng baie goed.

Voeg piesang, wortels en neute by en meng.

Gooi in 2 laagkoekpanne en bak vir 25 minute by 180ºC.

Laat goed afkoel voordat dit uit panne gehaal word.

 

Versiersel:

110 ml botter

100 ml roomkaas

375 ml versiersuiker

5 ml vanielje geursel

 

Room botter en versiersuiker en voeg roomkaas en vanielje geursel by en meng goed.

Smeer tussen die afgekoelde koeklae en ook bo-op.

Versier dan met heel neute en kersies indien verkies.