Egpaar sterf in brand

’n Bekende egpaar van Sedgefield het saam met hul troeteldiere doodgebrand in hulle woonhuis en het ’n geskokte gemeenskap gelaat.

Tony (76) en Carol Heard (71) van Marigoldstraat asook hulle twee honde en twee katte was almal in die huis.

Die egpaar het van Engeland na Suid-Afrika geïmmigreer.

Die voorval laat weinig besonderhede en dit is nog onbekend wat die brand veroorsaak het, maar ondersoek word gedoen na die aangeleentheid.

Die egpaar se oudste dogter, Rachel Schoeman, het die toneel besoek en haar skok uitgespreek oor die voorval.

Die egpaar het ook ander kinders, naamlik Martin, Paul en Catherin.

Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.