Dr Wouter Basson tree af

Dr. Wouter Basson voormalige hoof van die weermag se chemiese en biologiese wapenprogram en hartspesialis van Kaapstad, het verlede maand 65 geword en is nou amptelike ‘n pensioentrekker.

Die afgelope 17 jaar het die weermag steeds sy salaris van R100,000 per maand betaal, hoewel hulle hom geskors het.

Afgesien van die R20 miljoen salarisgeld wat hy as brigadier-generaal betaal is, het die staat ook meer as R20 miljoen aan sy regskoste gespandeer,

Die afgelope week het die weermag ingestem dat hy in enige moontlike toekomstige regsaksies stééds sy regskoste sal betaal.

Basson is in 1999 geskors en verbied om in die SA Militêre Gesondheidsdiens (SAMGD) te werk ondanks die feit dat hy as een van die land se voorste hartspesialiste beskou word. Hy hoop om ten minste vir die volgende 10 jaar nog in sy privaat praktyk in Kaapstad bedrywig te wees.

Sy drama het begin toe hy op 17 November 1993 deur pres. F.W. de Klerk tydens die “Nag van die Generaals” saam met nog 22 van die weermag se hoogste offisiere afgedank is. De Klerk het dit gedoen terwyl die onderhalings wat tot die land se vernederende oorhandiging aan terroriste aan die gang was. Hy was die enigste een van die groep wat strafregtelik vervolg is weens dade wat hy uit hoofde van sy pos gepleeg het.

Hy is vrygespreek ná ’n uitgerekte hofstryd, maar sy skorsing is nooit opgehef nie. Hy het ook 40 dae lank voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) getuig, maar nie vir amnestie gevra nie omdat hy aangevoer het hy het net opdragte van sy bevelvoerders in ’n tyd van oorlog uitgevoer.

Basson sê dat in die 38 jaar wat hy in die weermag was, het hy nooit probleme met hulle gehad nie. Al die hofsake teen hom was polities gedrewe.