Maklike klam sjokoladekoek

Op soek na ‘n maklike, baie klam sjokoladekoek en boonop een wat in die mikrogolfoond gebak kan word? Die volgende resep is onfeilbaar.

 

Mikrogolf Sjokoladekoek

 

Mikrogolf-glasbakgrootte: 90mm x 90 mm x 20 mm diep of ‘n mikrogolfoond ringpan:

 

Bestanddele:

1 koppie kookwater

20 ml kakao poeier

1 koppie suiker

1 koppie koekmeel

10 ml bakpoeier

½ kop kookolie

2 ekstra groot eiers

5 ml vanieljegeursel

Knippie sout

 

Metode:

Los kakao op in kookwater en laat afkoel

Klits eiers, suiker en olie tot lekker skuimerig

Sif droë bestanddele saam en roer met ‘n metaallepel by eiermengsel in saam met afgekoelde kakao

Giet in gesmeerde bak (beslag is loperig) en bak vir 7 minute by medium hitte en dan 3 minute by hoog in u mikrogolfoond

Laat afkoel en versier met karamel kondensmelk of versiersel van u keuse