Heerlike Hawaise Hoendergereg is so ietwat soet, verg min moeite en word met bestanddele wat volop is, gemaak. En boonop jy sal ‘n tweede porsie wil eet.
Bestanddele:
4 hoenderporsies (dytjies en boudjies)
Halwe soetrissie in skyfies gesny
Halwe groot ui in skyfies gesny
Pakkie wit knopie sampioene in halwes gesny (opsioneel)
Hoender speserye of sout en peper na u smaak
750 ml Sparletta Pine Nut koeldrank
Blikkie pynappelstukkies na smaak
Metode:
Geur hoenderporsies na smaak.
Verhit klein bietjie olie in ‘n swaarboom kastrol en braai hoender mooi bruin aan alle kante, skep uit en hou eenkant.
Braai sampioene, soetrissie en ui tot amper gaar.
Plaas hoenderporsies terug in kastrol, voeg 500ml Sparletta Pine Nut by en laat kook.
Indien dit droog kook, voeg res van koeldrank by en prut tot sag.
Skep in gesmeerde bakskottel, strooi pynappel oor en plaas onder oondrooster tot effens verbruin.
Bedien met rys en groen slaai
Nuutste kommentaar