ED Pills
Your love life without pills | Viagra devient moins cher et plus disponible | Viagra per i suoi benefici | Letztes Wort zu Viagra | Viagra utan recept i Sverige

Monthly Archives: July 2015

Regbank-sirene waarsku SA

’n Kenner van die regsberoep wat verkies om anoniem te bly, sê die sirene het reeds afgegaan om Suid-Afrika te waarsku dat sy regbank nie meer onafhanklik kan funksioneer nie…

Visums laat toerisme syfer daal

Die nuwe, en omstrede visum regulasies van die regime het daartoe gelei dat die toerisme daaronder lei volgens die Minister van Toerisme. Nou is ’n “taakspan” aangewys om ’n ondersoek…

Nuusflitse

  Ernest Messina, voorsitter van die Groot Constantia Trust en mede-voorsitter van die Cape Town Radio, is as nuwe uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut . aangestel.   Die groep…

Isabella Borgward keer terug

Talle ouer lesers sal nog die bekende Duitse Borgward motor onthou. Die maatskappy wat 23,000 werkers in diens gehad het en 1 miljoen motors per jaar in Bremen gebou het,…

Rowers skiet man voor Sheraton-hotel

‘n Man is ernstig gewond toe gewapende rowers vroegaand op gaste by die Sheraton-hotel in Arcadia, Pretoria toegeslaan het. Die gewonde man is in die Muelmed-hospitaal opgeneem. Drie rowers het Woensdagaand…

Facebook bars uit sy nate

Die sosiale netwerk, Facebook het 50 miljoen meer verbruikers as verlede kwartaal. Die totale verbruikers van die netwerk staan nou op 1,49 miljard wat ‘n 13% vermeerdering is op verlede…

Inbraak in Malema se kantoor

Daar was ‘n inbraak in die leier van die EFF, mnr. Julius Malema se kantoor in die parlement. Die slotte aan die deur is skynbaar verander en lêers wat strategiese inligting bevat,…

Wrakstukke van MH370 dalk gevind

‘n Stuk van ‘n vliegtuigwrak het by La Reunion, ‘n eiland af van die suidoosterse Afrikakus uitgespoel. Die Maleisiese minister van vervoer het gesê dat hy seker is dat dit…

BRICS skop af

  Die ooreenkoms vir die BRICS $100 biljoen geldeenheid het gister van krag geword. Die fonds is deur ontwikkelende nasies daargestel om hulle nasionale geldeenhede teen skommelende wêreldmarkte te beskerm….

Prasa "ingenieur" kry borg

Die “ingenieur” wat verantwoordelik was vir die aankoop van lokomotiewe in Spanje wat nie by die plaaslike infrastruktuur aangepas het nie, Daniel Mtimkulu, het Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn…

Lid van Valke vermoor op N2

‘n Adjudant-offisier in die Valke, Petrus Holz (50) is die soveelste slagoffer op die N2, wat nou bekend geword het as die gevaarlikste deurpad in Suid-Afrika. Holz was vroeg vanoggend…

Prof. T.T. Cloete sterf.

Prof. T.T. Cloete, digter, akademikus, taalpatriot en bekend vir sy omdigting van die Psalms wat in die nuwe Liedboek van die Kerk opgeneem is, is gisteroggend op 91-jarige leeftyd oorlede. Cloete het…

Skerp styging in eise teen polisiediens

Kaapstad – . Die Suid-Afrikaanse belastingbetalers moet jaarliks al meer geld uitbetaal aan eise wat teen die polisiediens ingestel word weens onbehoorlike optrede teen burgers van die land. In 2009…

Wie glo dat werkloosheid daal?

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer ewenaar ongeveer dié van Griekeland. Om een of ander rede egter beweer ontleders dat die probleem in die tweede kwartaal gedaal het. Dié bevinding kom van Statistieke…

Tekort aan onderwysers krities

Die onderwyssituasie in die land vandag is dat daar 12 miljoen leerders en slegs 416,000 onderwysers is. Die departement van Basiese Onderwys (BO) het gesê hulle gee op die hoogste vlak…

Polisie-uniforms te koop aangebied

Dit raak kommerwekkend dat rowers dikwels eiendomme binnekom deur hulleself as polisielede voor te doen. ‘n Man wat ondermeer pantserbaadjies, verskillende vuurwapenholsters, lyfbande en pepersproei op die Bakkiesblad South African…

Bankrot staatskas mag regering regru

Die hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasse-verhoudinge, Frans Cronje, reken dat dit dalk ‘n goeie ding sal wees as die staat nie meer geld het nie. Hy glo dat…

Besoedelaars vra instel van doodstraf

Andile Lili, een van die wat skuldig bevind is aan besoedeling van die Kaapstadse Internasionale lughawe toe hy en sy makkers ontlasting op die vloere uitgegooi het, bepleit glo dat…

Vlugtende boef slaat dood neer

‘n Rower is skynbaar dood aan ‘n hartaanval toe hy en sy medepligtiges vir die polisie weggevlug het. Hy en ses ander makkers het vroeër gisteroggend ‘n paneelwa van British…

Eskom wil ook grond gryp

Mmamoloko Seabe, Eskom se hoofbestuurder van eiendom, het in die parlement gepleit dat die instansie ook die reg moet hê om grond te onteien. Volgens haar sukkel Eskom om servitute op…

Amerikaanse jagter ‘n lafaard en moordenaar

Beroemdes en gewone mense het die tandarts, dr. Walter Palmer, wat Cecil die Leeu doodgemaak het, se spreekkamers en huis in Minneapolis, Minnesota, geteiken. Oproepe dat mense sy praktyk moet…

Katarakoperasies dalk iets van die verlede

Die enigste manier waarop katarakte verwyder kon word, was deur ‘n operasie. Maar wetenskaplikes meen dat ‘n chemiese middel wat natuurlik in die menslike liggaam voorkom, mag die probleem oplos…

Hoe klink die vark vir jou?

As deel van my normale gewoonte kom maak ek toe weer vanoggend nuwe oortjies oop vir elke Vryburger-artikelopskrif wat my interesseer, laat lag, huil of vloek. Daar is later soveel…

Wrede slagting van boer se vee

‘n Toneel wat baie aan Kitchener se verskroeide aarde beleid herinner het, het die boer, Nico Mienie van Steynsrus, se oë begroet toe hy op 23 dooie ooie en hulle…

Polisie deel van veediefstalkwessie

Veediefstal in die Oos-Transvaal ruk hande uit en van die boere wys vingers na die polisie. Veral in Ermelo lei boere kwaai verliese weens die probleem. Danie du Plessis, streekvoorsitter…

Muthambi leer van persvryheid in Sjina

Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het oor haar besoek aan Sjina gesê dat die Suid-Afrikaanse media meer suksesstories met die wêreld moet deel. Sy wil ook hê dat die goeie…

Wat beplan Nzimande nou weer?

Enige uitspraak deur die minister van Hoër Onderwys, dr. Blade Nzimande, moet met wantroue bejeën word aangesien sy kommunistiese onderrok ver uithang. Ingeligte waarnemers is dus huiwerig om in die…

Tandarts spog oor leeujag

‘n Tandarts van Minnesota in Amerika het op sosiale media gespog dat hy verantwoordelik was vir die dood van Cecil die Leeu in Zimbabwe. Cecil, geliefd en bekend vir sy pragtige…

Kritzingers se herstel "wonderbaarlike genade"

Die Kritzinger-egpaar van Vrede wat ernstig in ‘n plaasaanval beseer is, toon goeie tekens van vordering. Die egpaar, Johannes en Rita Kritzinger, is meer as twee weke gelede in ʼn…

Raaisel oor lyk in Hartbeespoortdam

‘n Blanke tiener, tussen veertien en 17 jaar oud, se lyk is oor die naweek in die Hartbeespoortdam gevind. Volgens die Herselman-egpaar was hulle Sondagoggend by Kommandonek se viswaters toe hulle…

Nog ‘n onsinnige moord

Mnr. John Barnes (66 jaar) van Plettenbergbaai se lewelose liggaam is in ’n slaapkamer gevind waar hy en sy hond gedood is deur aanvallers. Mev. Barnes wat in die slaapkamer…

Taalstryd by Maties duur voort

Kort op die hakke van die oorwinning wat jong blanke studente van die Universiteit van Stellenbosch (US) se landboukollege, Elsenburg, oor die gebruik van Afrikaans behaal het, het ‘n klompie oproeriges gister…

Tronkvoëls bedryf geldmaakskema

Twee mans en vier vrouens sal binnekort in die hof verskyn nadat hulle uitgevang is dat hulle ‘n bedrieglike geldmaakskema uit die tronk bedryf. Die groep is uitgevang nadat ‘n…

Geld vermors in Noord-Transvaal

Dr. Hunadi Mateme, adjunksweep van die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) sê hulle sit met hulle hande in die hare oor die grootskaalse geldvermorsing in die Noord-Transvaal. Nie een van…

Prasa weier Mtimkulu se bedanking

Hoewel dit nou bewys is dat Daniel Mtimkulu, die geskorste ingenieurshoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), afgesien van sy onbekwaamheid ook nog gelieg het oor sy kwalifikasies, is sy bedanking…

Telkom betaal miljoene vir geen werk

‘n Skeidingspakket vir R19 miljoen sonder dat een dag se werk verrig is, is iets so reg uit Afrika se bodem. Die gelukkige ontvanger van hierdie reuse bedrag geld, is…

R2,3 miljoen uit Wes-Transvaal geplunder

Fenny Gaoloalwe, LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Wes-Transvaal, moes toegee dat geld wat vir ‘n bokboerdery geoormerk was, onttrek is sonder dat die regte prosedures gevolg is. Agt werknemers van…

Dra goeie vrugte

So dra elke goeie boom, goeie vrugte … So sal julle hulle dan aan hulle vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here Here! sal ingaan in die koninkryk…

Lieflike siergras Pennisetum setaceum rubrum

Tuiniers, siergras word al meer gewild en ook gesien in ons tuine. Bowenal is daar soveel soorte met soveel kleure by kwekerye te koop. Dit is deel van die familie,…

Maklike klam sjokoladekoek

Op soek na ‘n maklike, baie klam sjokoladekoek en boonop een wat in die mikrogolfoond gebak kan word? Die volgende resep is onfeilbaar.   Mikrogolf Sjokoladekoek   Mikrogolf-glasbakgrootte: 90mm x…

"Koerant FM"

Die Redakteur Die vreemde dinge wat in ons land gebeur laat mens soms wonder waarheen alles lei, want van korrupsie tot by politieke leiers wat openlik leuens verkondig, het nou…

Motorfiets rubriek – Cyclone V-Twin

Die Cyclone V-Twin was bekend vir sy kragtige twee silinder enjin. Wat egter gekort het, was betroubaarheid. Met beide teenwoordig kon dit ‘n suksesvehaal gewees het. Dit was in St….

Regime wil vanjaar nog onteienwet deurdruk

Voorleggings begin Dinsdag oor die hoogs omstrede onteieningswetsontwerp wat die ANC-regime se pres. Jacob Zuma nog vanjaar wil deurdruk. Die wetgewing sal die regime in staat stel om die onteiening…

Beloning vir opspoor van Plett-moordenaar

Die polisie bied ‘n aansienlike beloning aan vir inligting wat daartoe sal lei dat die moordenaar(-s) van die 66-jarige John Barnes van Plettenbergbaai in hegtenis geneem word. Sy liggaam is…

Vrou skiet rowers dood

‘n Vrou van Glenvista in die suide van Johannesburg het twee rowers tydens ‘n huisrooftog doodgeskiet. Die drie rowers met klapmusse het in die vroeë oggendure by die egpaar ingebreek…

Afrikaans in toerisme uitgeskuif

Die ANC-regime se departement van toerisme beoog om sleg drie amptelike tale van dienslewering Engels, Noord-Sotho en Zoeloe te gebruik. Luidens die konseptaalbeleid sal die ander amptelike tale van die…

Militêre diensplig dalk terug

Militêre diens, wat selfs as verpligte diensplig ingestel kan word, word tans deur die ANC-regime oorweeg om glo werkloosheid onder jongmense die hoof te bied. Diensplig is in 1994 afgeskaf…

TLU SA gekant teen AAS

TLU SA ondersteun op geen wyse die AAS-handves in Landbou (in die algemene omgang bekend as AgriSEB), alhoewel hy wel deelgeneem het aan die prosesse ten einde sy teenstem daarteen…

Nie-leweraar van handboeke duik weer op

Dieselfde maatskappy wat versuim het om handboeke aan skole in Noord-Transvaal te voorsien, het weer in Sentraal-Transvaal opgeduik en voorsien nou skootrekenaars, tablette en e-handboeke ter waarde van R200 miljoen…

Turkye teiken Koerde

Na die bomontploffing in Turkye het die land se regering verlede week ʼn lugaanval op ISIS geloods en sommer ook die Koerde in die proses geteiken. Nadat die VSA te…