Vir die dames — Oniks (Onyx)

Oniks stene is seker nie te onbekend by die lesers nie. Dit is ‘n samebindende gestreepte chalcedoon. Oniks en Agate is albei van hierdie chalcedoon met strepe en hul verskil net in vorm.

Oniks het parallel strepe en sy kleure wissel van wit, pers, blou en nog vele ander. Meestal het oniks swart of wit strepe. Oniks word gevorm in die gleuwe van lava.

In Grieks beteken “Onyx” ‘claw’ of ‘fingernail’.

Oniks se vleeskleur lyk nogal in die meeste gevalle deurskynend en na ‘n vingernael kleur.

Die kategorie waarin oniks val is ‘n suurstof mineraal met silikon-dioksied. Oniks word gevorm deur gestreepte en gebinde chalcedoon in alternatiewe kleure. Dit is kripto-helder en bestaan uit fyn deurgroeide strepe en materiaal van silikoon minerale kwarts. Die strepe loop parallel met mekaar.

Dan kry ons sardoniks wat afstam van die gewone oniks waar die strepe en kleure meer ‘n rooierige kleur het. Hoewel die swart oniks gewoonlik baie duursamer en meer in aanvraag as die ander kleure, is dit nie die algemeenste verkrygbaar nie. Gewoonlik gebruik die juweliers die kleure gemeng met mekaar, daarom vertoon die swart oniks wat in ons juwele is, gekleurd.

U moet egter mooi oplet wanneer u ‘n oniks ornament of juwele aankoop, dat dit soms nie heeltemal suiwer is nie, maar word verwar met ander kunsmatige stene.

Oniks is ‘n steen wat gevind word in Argentinië, Australië, Brasilië, Kanada, China, Duitsland, Indië, Madagaskar en oral in Europa.

Bewaar ons edelstene en geniet u pragtige juwele.